Unseen Faith - "Sien die Onsienbare"
Sien die onsienlike, Sondagaand, 12 Augustus 2007
*¥ Geloof in God, nie geloof in dinge nie…. (Jak 2:19).
¥ Geloof is kennis, vertroue en gehoorsaamheid….. “True saving faith works in obedience to God…” John MacArthur.
¥ My eie geloofsbelydenis is belangrik vir my lewe. Faith is the only thing that gives God His proper place, and puts man in his place too. “It glorifies God exceedingly, because it pro-ves that we have more confidence in His eyesight that in our own” (CH Mackintosh). Faith not only believes that God exists, but it also trusts Him to reward those who diligently seek Him. There is nothing about God that makes it impos-sible for men to believe. The difficulty is with the human will. Stripped down to its basics, faith is confidence that God exists.
Illustrasie van “dans”
Om in God te glo en Hom ten volle te vertrou is baie soos dans. When two people try to lead, nothing feels right. The movement doesn't flow with the music, and everything is uncomfortable and jerky. When one person realizes this and lets the other lead, both bodies begin to flow with the music.
The dance takes surrender, willingness, and attentiveness from one person and gentle guidance and skill from the other.
Be willing to let God lead. Dance together with God, trusting Him to lead and to guide you through each season of your life.
SIEN DIE ONSIENLIKE
In hierdie gebou is daar baie dinge wat mens nie kan sien, hoor, ruik, proe of kan voel nie, wat in werklikheid hier rondom ons is, om ons koppe, binne ons ore, om en deur ons lywe. (radiogolwe)
Om dit te kan beleef, het ons iets nodig, ’n radio (die feit dat jy hoor, bewys dat daar radiogolwe is.
Ons kan die werklikheid van Jesus Christus nie altyd met ons 5 sintuie beleef nie. Net soos ons ’n radiosein-ontvanger nodig het om die radiogolwe “te hoor”, moet ons geloof gebruik om van die werklikheid van God oortuig te word en om Hom te beleef.
Hebreërs 11:1-3, 6 – Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. 3Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is; die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie...... 6As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon….
“Glo” as werkwoord kom van die Hebreeuse stam ’mn, wat vas, betroubaar wees beteken. Amen = voorwaar, sekerlik, waarlik.
¥ Abram: Gn. 15:6: “En hy het in die Here geglo....” Abram was vas in die Here, voortdurend, onwrikbaar: hy het op God vertrou.
¥ Israel het ná die deurtog deur die Skelfsee tot ‘n vaste vertroue in die Here gekom, Ex. 14:31 - 31Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo....
¥ Johannes lê klem op die feit dat geloof onmisbaar is vir red-ding: Jh 1:12 – “almal wat Hom aangeneem het, in Hom glo.”
Geloof maak dit vir ’n mens moontlik om binne die ruimte van die onmoontlike te leef.
¥ Geloof is om te glo wat jy nie kan sien nie, en om dan te sien wat jy nie kan glo nie – Maarten Luther
Grappie:
Vrou bring brille wat sy vir haar man gekoop het terug. “Wat is fout, mevrou?” “Ek bring die brille terug wat ek vir my man gekoop het want hy sien steeds nie dinge op my manier nie!”
My rede / verstand word beperk deur my persoonlike siening, my perspektief of die hoeveelheid inligting beskikbaar.
My oë werk net so!
¥ Voor die elektron-mikroskoop kon niemand iets sien dat atome of sub-atome bestaan nie.
o Net omdat mens dit nie kon sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan het nie.
o Gevolgtrekking: my oë het beperkinge wat mikroskopiese voorwerpe betref.
¥ Voor die Hubble-teleskoop het niemand ‘n foto van ‘n nebula gesien nie. Dit was te ver om met die blote oog waar te neem.
o Dit beteken nie dat nebulas nie bestaan nie, maar dat my oë sekere beperkinge het wat waarneming oor ‘n groot afstand beperk.
My oë het ‘n vêrdere beperking, ek kan nie in die geestelike wêreld sien nie!
¥ Die geestelike wêreld is nie waarneembaar met die mens se oog nie. Dit beteken egter nie dat die nie bestaan nie….
Gevolgtrekking: Ek kan nie my oë vertrou nie. Hulle kan nie die onsigbare kan sien nie! Ek moet myself oefen om rond te kyk en God, wat onsigbaar is, “raak te sien” en te vertrou!
2 Korintiërs 4:16-18 16Om hierdie rede word ons nie moede-loos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. 17Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. 5:7.... 7want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.
Die opdrag is: ek moet my oë rig op die dinge wat mens nie gewoonlik kan sien nie, op wat vir die blote oog onsigbaar is!
Dis moeilik om in ‘n visueel-tegnologiese eeu van sigbare en tydelike dinge, my fokus te verskuif na dit wat onsigbaar maar ewig is!
Ek kan slegs die Onsigbare, Ewige sien as ek besef dat die onsigbare geestelike wêreld baie groter, magtiger en wonderliker is as enige iets wat ek nog ooit gesien of geken het!
Luister hoe dit met Elisa se slaaf gebeur het:
2 Konings 6:14-17 – 14Die koning stuur toe perde, strydwaens en ’n sterk mag daarheen. Hulle het in die nag gekom en die stad omsingel. 15Die môre vroeg het die slaaf van die man van God opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy ’n leër rondom die stad, met perde en strydwaens. “Ag, Meneer!” sê die slaaf vir Elisa, “wat gaan ons nou maak?” 16Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” 17Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.
Wat is die implikasie van die feit dat die onsigbare baie groter is as die sigbare? Dit beteken:
¥ Daar is magte in die wêreld aan die werk wat ek nie met my blote oog fisies kan waarneem nie!
¥ Ek kan nie my fisiese oë vertrou nie omdat my oë nie alles wat bestaan, sigbaar kan waarneem nie.
¥ Ek moet God vertrou, die Onsigbare, die Ewige!
Alles wat ek nou weet of ken is gedeeltelik, onvolmaak, “nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld …nou ken ek net gedeeltelik…” (1 Korintiërs 13:12a en b).
Mens word juis “verblind” deur wat hulle dink hulle WEET!
Dit kos aanhoudende oefening om die Onsigbare en Ewige met my geloofsoë te begin sien! Dan begin ek te sien hoe God met my werk. Selfs Sy drome en planne vir my en dit wat Hy deur Sy krag vrystel en waarvan ek nie eers bewus is nie!
Dit wat ek dink mag nie my “groter visie” steel nie. God is baie groter as wat ooit kan bid of dink!
Wat ek “sien” word beinvloed deur my perspektief:
o Hoogte (van bo af) / Altitude – om vanuit ‘n hoër perspektief na dit wat onder my gebeur te kyk.
o Gesindheid / Attitude – is net soos om van bo af met ‘n ander persektief, God se perspektief, te kyk en dit beinvloed hoe ek reageer op die uitdagings wat na my kant toe kom!
Illustrasie:
A shoe manufacturer decided to open a Congo shoemarket sent two salesmen to the undeveloped territory.
One salesman cabled back:
¥ “Prospect here nil. No one wears shoes.”
The other salesman reported enthusiastically,
¥ “Market potential terrific! Everyone is barefooted.”
One saw no market for shoes because no one was wearing them The other saw the potential because no one had shoes.
‘n Goeie voorbeeld van waar mense se perspektief ‘n invloed het op wat fisies “gesien” word, is Dawid se reaksie teenoor Goliat.
Sy broers en die soldate sê:
¥ Hy’s so groot jy kan hom nooit wen nie!
Dawid sê:
¥ Hy’s so groot ek kan hom nie mis nie!”
Die Heilige Gees roep ons om gewillig te wees om kreatiewe risikos te loop deur ons geloof in God, ongeag die moeilikheidsgraad, pyn, skaamte of lyding wat dit mag meebring!
Die fondament van geloof is die Woord van God, Jesus Christus wat die Woord is wat mens geword het en onder ons kom woon wet, die Woord wat deur die Heilige Gees gebruik word om God se pad en rigting – al is dit onsigbaar vir die wereld – vir my en jou te wys!
Romeine 10:17 - Die geloof kom dus deur die prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
Ek moet God Drie-enig in Sy Woord ontmoet, in Hom glo, die Onsigbare, Ewige God, Hom “raaksien” in geloof!
God moet my lewe as gelowige oorheers en ek moet gehoor-saam wees aan die beginsels van Sy Woord – 2 Korintiërs 3:6 – “... die letter maak dood maar die Gees maak lewend...”!!
True saving faith works in obedience to God JohnMacArthur
Charles Blondin se verhaal: he especially owed his celebrity and fortune to his idea of crossing the gorge below Niagara Falls on a tightrope, 335 m long, 50 m above the water. This he accom-plished, first on June 30, 1859, a number of times, always with different theatric variations: blindfold, in a sack, trundling a wheelbarrow, on stilts, carrying a man (his manager, Harry Colcord) on his back, sitting down midway while he cooked and ate an omelette. His young daughter Adele accompanied him on high-wire acts during this engagement and it caused great controversy. A large crowd of 100,000 people watched him walk on a single three-inch hemp cord.
Do you believe I can push this wheelbarrow across with a person inside?
Everybody shouted: “We believe!”
The he said: “Climb in!”